VOËLKLIP. – Heidi Scheepers, wat saam met haar twee kinders, Hugo (2) en Cozette (6), op Dinsdag 22 Oktober 2019 verdwyn het na wat bedoel was om ’n vinnige besoek aan Heroldsbaai-strand te wees, sou vandag 36 jaar oud geword het.
Heidi Scheepers se man, Ettienne Scheepers, het sy gesin as vermis aangemeld.
Voertuig langs rotse by Voëlklip gekry
Die gesin se voertuig is dae later langs die rotse by Voëlklip gekry. Heidi en Hugo se liggame is in die see gevind, maar Cozette se liggaam is nooit gevind nie. Volgens die nadoodse ondersoek het hulle verdrink.
Ettienne was glo vroeër die dag saam met sy familie op die strand, waarna hy glo teruggekeer het om sy voertuig te kry en sy familie op die strand agtergelaat het.
Ettienne het in ’n verklaring aan die George Herald gesê dat daar niks ongewens gebeur het voordat sy vrou en kinders verdwyn het nie.
LEES OOK: Vrou kraam op vliegtuig
Verjaarsdagherdenking
Met die herdenking van Heidi se verjaarsdag is daar nog talle vrae oor wat werklik daardie dag plaasgevind het.
Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, het verlede jaar September gesê die ondersoek is tans in ’n sensitiewe stadium en sal binnekort na die Nasionale Gevolgingsgesag verwys word.
Die ondersoek na die saak is nog nie afgehandel nie en niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
LEES OOK: Spanwerk vir veiligheid
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



