Spanwerk vir veiligheid

Eduann Thuynsman en Dodds Pringle het die planne beraam en reëlings getref.

Spanwerk vir veiligheid

Spanwerk vir veiligheid Foto: Verskaf

KIMBERLEY. – Hadison Park, Hillcrest, Heuwelsig en Kestellhof se buurtwagpatrollies, asook Cpf-lede het saamgespan om Saterdag 1 Mei 2021 die veld by die hoek van Schreiner- en Jan Hofmeyerstraat, die hoek van Jan Hofmeyer- en Swannsweg en die hoek van Petrus en Nelliestraat skoon te maak.

Eduann Thuynsman en Dodds Pringle het die planne beraam en reëlings getref. Hulle is ook van toerusting deur Kimberley Power Products sowel as Coastal Hire Kimberley geborg.

Oelof Swart, Pieter Steyn, Johan Fritz, Matthew Weber, Victor Sherriff, Jean Wilken, Ané Claasens, Málike Thuynsma, Eduann Thuynsma en Dodds Pringle het almal ingespring om die fisiese werk te doen.

LEES OOK: Plaasaanval: Drie bejaarde vroue beseer

Area veilig maak

Dodds, van Hadison Park buurtwag, sê: “Ons as ’n span probeer om die area te beveilig. Ons het agtergekom die veld is ’n probleem omdat baie verdagtes maklik daar kan wegkruip. Ons het ook gesien dat hulle mekaar met flitse signal vanuit die veld.

Beplan nog projekte vir die toekoms

Dodds sê hulle beplan om nog areas in die toekoms skoon te maak en sal die gemeenskap se hulp waardeer.

“Een van die lede het ons ingelig dat hy ’n trekker het met ’n bossie-snyer wat hy vir ons sal beskikbaar stel. So met die trekker en die borge se gereedskap sal ons hopelik baie kan doen.”

Dankie

Almal wat Saterdag betrokke was, wil net uit hulle harte vir die borge, sowel as die gemeenskap, wat koeldrank en koffie vir hulle gebring het, bedank.

LEES OOK: Ma hang glo baba oor stoel om drankie te geniet

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: