Bejaarde (74) al van Kersdag af vermis

Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand wat kan help om Du Toit op te spoor om Nico Pretorius by 0827877448/082 302 6159 of by Kabega Park-polisie of Crime Stop 08600 10111 of hul naaste polisiekantoor te kontak.

Bejaarde (74) al van Kersdag af vermis

Bejaarde (74) al van Kersdag af vermis Foto: SAPS, verskaf

OOS-KAAP. – Die speurders van Kabega vra die gemeenskap se hulp om ‘n bejaarde, Martha du Toit (74), op te spoor wat al sedert Kersdag 25 Desember 2020 vermis word.

“Na bewering is Du Toit van Lateganstraat Rowallan Park, laas op Sondag 4 Oktober 2020 deur haar suster gesien. Volgens haar suster het sy op 25 Desember 2020 die laaste keer weer telefonies met Du Toit gesels en is meegedeel dat Du Toit Gqeberha verlaat en saam met ‘n man, Abraham de Beer, na Adelaide verhuis het,” sê kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder.

Bejaarde al van Kersdag vermis na sy verhuis

Haar suster het weer probeer kontak maak, maar die selfoonnommer het nie meer gewerk nie. Kabega Park-speurders het Adelaide-polisie gekontak vir hulp om Du Toit op te spoor, maar hul pogings was tevergeefs.

Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand wat kan help om Du Toit op te spoor om Nico Pretorius by 0827877448/082 302 6159 of by Kabega Park-polisie of Crime Stop 08600 10111 of hul naaste polisiekantoor te kontak.

LEES OOK: Seun val 12 m na hy op reling van roltrap ‘ry’

LEES OOK: KYK: Petroljoggie dink vinnig toe vermeende motorkapers toeslaan

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *