Die CCTV-beeldmateriaal wat wys hoe ‘n petroljoggie vermeende motorkapers met petrol spuit, het die naweek opslae op Twitter gemaak.
Die video begin met ‘n petroljoggie wat ‘n motor vol brandstof maak. Daarna stop ‘n bussie langs die moror en drie mans spring uit. Die vermeende motorkapers hardloop dan na die motor.
Die petroljoggie dink vinnig en begin die mans dadelik met brandstof spuit. Hulle draai daarop vinnig om en klim terug in die bussie voor dit uit die beeld verdwyn.
Dis nog nie bekend waar die voorval plaasgevind het nie. Die video, wat slegs 19 sekondes lank is, is al 24 500 keer na gekyk.
LEES OOK: Boer Johan van Boer Soek ‘n Vrou Saterdagoggend oorlede
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



