Motor tref muur, jongman (20) beswyk aan sy beserings

Deel hierdie storie / Share this story

KEMPTONPARK. – ‘n Jongman is Sondagoggend dood nadat hy ernstige beserings opgedoen het toe sy motor ‘n muur getref het en die motor op sy dak beland het.

ER24-paramedici berig hulle was die oggend om 07:25 op die toneel saam met verskeie owerhede en nooddienste. “’n Ligtevoertuig is op sy dak gevind. Die motor het teen die baksteenmuur van ‘n plaaslike onderneming in Vleiweg, Kemptonpark, gebots.”

‘n Jong motorbestuurder is in sy motor aangetref. Hy is lewensondersteunende behandeling gegee voordat hy na die Tambo Memorial-hospitaal geneem is. Hy het later aan sy talle beserings beswyk.

Meer besonderhede oor die voorval is nie bekend nie, maar die polisie was op die toneel vir ondersoeke.

LEES OOK: Beloning aangebied na ma en gestremde seun op plaas vermoor is

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.