Beloning aangebied na ma en gestremde seun op plaas vermoor is

Deel hierdie storie / Share this story

MPUMALANGA. – Die veiligheidsgroep, Bossies Community Justice, het op hulle Facebook-blad bekendgemaak hulle bied ‘n R100 000 beloning aan vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die beskuldiges nadat ‘n ma en haar gestremde seun op hulle plaas vermoor is.

https://www.facebook.com/BossiesCommunityJustice/posts/10159417312174445

FiNDiT het vroeër berig Annamarie Botha (56) en haar seun, Ruan (43), is Saterdagaand op ‘n plaas buite Nelspruit met ‘n ongeïdentifiseerde voorwerp doodgeslaan.

Al wat in dié stadium van die voorval bekend is, is dat die man ten tye van die voorval, besig was met patrollie op die plaas. Toe hy tuiskom, het hy op die liggame van sy vrou en seun afgekom.

Enigiemand wat inligting oor die voorval het wat kan bydra tot die beloning wat aangebied word, kan Albert Greyvenstein by 082 567 5212 kontak.

LEES OOK: Seuntjie (7) glo in huis toegesluit sonder kos, water

LEES OOK: Boer Johan van Boer Soek ‘n Vrou Saterdagoggend oorlede

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.