Ma en verstandelik gestremde seun op plaas doodgeslaan

Deel hierdie storie / Share this story

MPUMALANGA. – ‘n Ma (56) en haar verstandelik gestremde seun (34) is Saterdag om 18:30 op ‘n plaas buite Nelspruit glo met ‘n ongeïdentifiseerde voorwerp doodgeslaan.

Die twee slagoffers is as Anna-Marie Botha en haar seun, Ruan, geïdentifiseer.

Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê die polisie is tans besig met ‘n soektog na die verdagtes. “Die motief vir die moord is ook nog nie bekend nie.”

Ma en seun op toneel dood verklaar

Volgens Mdhluli word daar ook verskeie items uit die huis vermis. Al wat in dié stadium bekend is dat die man ten tye van die voorval, besig was met patrollie op die plaas. Toe hy tuiskom, het hy op die liggame van sy vrou en seun afgekom.

Die polisie ondersoek tans ‘n saak van moord en roof.

LEES OOK: Pa steek glo stiefseun dood

LEES OOK: Stiefpa verkrag stiefdogter, sê daarna sy moet stort

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus