NOORD-KAAP. – ‘n Jong man is op 23 April 2021 dood nadat hy na bewering geweier het om ‘n pot te was.
Die waarnemende provinsiale kommissaris in die Noord-Kaap het die voorval op Phillipstown, waar ‘n 34-jarige man na bewering sy stiefseun doodgesteek het, ten sterkste veroordeel. Die slagoffer is op die toneel dood verklaar en die verdagte, die oorledene se stiefpa, is in hegtenis geneem.
Pa wat seun glo steek verskyn dan
Die verdagte sal na verwagting op 26 April 2021 voor die hof verskyn op aanklag van moord.
Die polisie in die Noord-Kaap doen ‘n beroep op gemeenskapslede om nie geweld as ‘n oplossing te gebruik nie. Mense word aangeraai om alternatiewe oplossings te soek om probleme op te los, soos om advies van hul leraars, maatskaplike werkers en selfs gemeenskapsleiers te vra.
Die polisie sê die ondersoek duur voort.
LEES OOK: Stiefpa verkrag stiefdogter, sê daarna sy moet stort
LEES OOK: Jagters gaan binnekort 500 olifante kan skiet
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus



