DURBAN – ‘n Stiefpa (35) het in die Greytown-streekshof vir verkragting en aanranding van sy stiefdogter (18) verskyn. Hy is skuldig bevind en tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Op 3 September 2019 was die slagoffer tuis toe haar stiefpa in haar kamer kom. Hy het haar oorval en aangerand voordat sy verkrag is. Daarna het hy haar opdrag gegee om te gaan stort en gedreig hy gaan haar seermaak as sy haar ma vertel. Haar ma was by die werk toe die voorval plaasgevind het. Nadat hy by die kamer uit is, het die slagoffer deur die venster ontsnap en hulp ontbied.
Stiefpa kry lewenslange tronkstraf
Dieselfde dag is ‘n saak by die Kranskop-polisiekantoor aangemeld en die beskuldigde is op dieselfde dag vir verkragting sowel as aanranding in hegtenis geneem. Die dossier is vir verdere ondersoek na die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe op Greytown oorgeplaas. Die stiefpa het sy eerste verskyning in die Kranskop-landdroshof gemaak. Daarna is die saak is na die Greytown-streekhof verskuif waar hy skuldig bevind is. Hy is tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis en onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.
LEES OOK: Jagters gaan binnekort 500 olifante kan skiet
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus



