ZIMBABWE. – Zimbabwe het dié week aangekondig hulle sal binnekort regte verkoop aan jagters om 500 olifante te skiet.
Tinashe Farawo, ‘n woordvoerder van die Zimbabwe-owerheid vir parke en natuurlewe, het aan CNN-nuus gesê die besluit is gemaak nadat die toerismebedryf ‘n verlies van inkomste gely het weerns die pandemie. Die aankondiging kom weke nadat die Afrika-bosolifant kritiek bedreig en die Afrika-savanneolifant as ‘n bedreigde spesie verklaar is.
Jagters kon ook olifante in Namibië koop
SimisoMlevu, ‘n woordvoerder van die sentrum vir natuurlike hulpbronbestuur, ‘n Zimbabwiese groep vir omgewings- en menseregte, beskryf dié besluit as afgryslik. “Ons veroordeel trofeejag ten sterkste.”
Zimbabwe is nie die enigste land wat jagters toelaat om olifante teen ‘n fooi te jag nie. Namibië het in Desember 170 wilde olifante teen ‘n hoë prys te koop aangebied weens die droogte en ‘n toename in die aantal olifante, skryf CNN verder.
LEES OOK: Tamatiepryse binnekort goedkoper na SA ‘n tekort ondervind
LEES OOK: Energiedrankies – man moet nieroorplanting kry na vier ‘n dag
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus



