Energiedrankies – man moet nieroorplanting kry na vier ‘n dag

Deel hierdie storie / Share this story

AMERIKA. – ’n Jong man (21) het nierversaking sowel as hartversaking opgedoen nadat hy ongeveer twee jaar lank elke dag vier energiedrankies gedrink het.

Newsweek berig die man ly nou aan tweeventrikulêre-hartversaking – waar albei kante van die hart aangetas is – wat moontlik verband hou met die oormatige gebruik van energiedrankies.

Energiedrankies bevat 160 mg kafeïen per blikkie

Die man was vir die afgelope vier maande kort van asem, al het hy net stil gelê. Hy het ook gewigsverlies ondervind. Voordat hy in die intensiewesorgeenheid van ‘n hospitaal opgeneem is, het hy so sleg begin voel dat hy sy studies by ‘n universiteit moes opgee.

Na ondersoeke is gevind dat hy elke dag ‘n gemiddeld van vier 500 ml energiedrankies gedrink het. Elke blikkie bevat ongeveer 160 mg kafeïen en verskeie ander bestanddele.

Hart- en nierversaking

Die man het ook later in onderhoude erken na die vier blikkies energiedrankies sou sy hart so vinnig klop dat dit vir hom moeilik was om op daaglikse take te konsentreer. Verder het hy aan erge hoofpyn begin ly in die tye wanneer hy nie energiedrankies gedrink het nie.

Hy sê van sy tyd in die intensiewesorgeenheid kan hy nie baie onthou nie. Hy het aan geheueverlies gely en kon nie praat of baie beweeg nie. Dokters het hom later meegedeel hy het hart- en nierversaking.

Na 58 dae in die hospitaal kon hy huis toe gaan. Sy hartsimptome en -funksie het na medikasie verbeter, maar hy moet steeds ‘n nieroorplanting in die toekoms kry.

LEES OOK: Twee polisiebeamptes gevonnis wat verdagte vermoor

LEES OOK: Elektrisiën keer terug na huis om familie te beroof

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus