JOHANNESBURG. – ‘n Elektrisiën, Tinatenda Rasta Tagara (30), het teruggekeer na ‘n huis waar hy gewerk het om die familie te beroof.
Kapt. Xoli Mbele, polisiewoordvoerder, sê die pa (55) en sy twee kinders, onderskeidelik 16 en 19 jaar oud, was tydens die voorval by die huis. “Die familie het verlede jaar ‘n klop aan die deur gehoor. Die een kind het opgestaan om die deur oop te maak. Die beskuldigde, met twee ander verdagtes, het die deur oopgestoot en ‘n vuurwapen op die familie gerig. Die pa is met die agterkant van die vuurwapen geslaan en almal is gedwing om op die vloer te lê.”
Elektrisiën kry tronkstraf
Die indringers het die huis deursoek en drie selfone, ‘n skootrekenaar en R1 000 kontant geneem. Hulle het die slagoffers toe in die toilet toegesluit voordat hulle gevlug het.
Tagara is twee dae na die voorval in hegtenis geneem. Hy het die week in die Brixton-streekshof verskyn en is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.
LEES OOK: Man en vrou los glo baba onder boom naby busstop
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus



