PAMPIERSTAD. – Die polisie vra hulp in die soektog na ‘n man, Monnapule Samuel Mpudi (38), wat laas op 22 Januarie 2021 omstreeks 23:00 in Pampierstad gesien is.
Hy het ‘n blou jean, swart T-hemp, bruin stewels en ‘n pet met rooi, geel en groen strepe aangehad.
Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, Kagisho Gaebee, by 065 926 6353 of kapt. Busang Tshamboko by 0824438640 skakel.
Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die ondersoek duur voort.
LEES OOK: Vrou red man na hy haar glo met skerp voorwerp steek en homself hang
LEES OOK: Man en vrou los glo baba onder boom naby busstop
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



