KAAPSTAD. – ‘n Man en vrou, onderskeidelik 20 en 23 jaar oud, is in hegtenis geneem nadat hulle glo hulle baba onder ‘n boom naby ‘n MyCiTi-busstop gelos het.
Man en vrou los glo baba en loop weg
Die twee verdagtes sal na verwagting Vrydag in die Kaapstadse landdroshof verskyn. Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê die man en vrou is vroeg Woensdagoggend in hegtenis geneem. Die baba is tans by ‘n maatskaplike werker.
LEES OOK: Man wat vorige werkgewer op plaas inwag en verskeie kere steek, kry tronkstraf
Daar word beweer die verdagtes het hulle baba Maandagaand onder die boom gelos, waarna verbygangers die polisie ontbied het. Die verdagtes het glo, nadat hulle die baba gelos het, weggestap.
LEES OOK: Pa slaan vier maande oue baba dood omdat sy nie wil ophou huil nie
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



