Man wat vorige werkgewer op plaas inwag en verskeie kere steek, kry tronkstraf

Deel hierdie storie / Share this story

CRADOCK. – ‘n Man, Themba Sindaphi (42), wat sy vorige werkgewer, Patricia Orpen, op haar plaas net buite Cradock vermoor het, is tot lewenslange plus 18 jaar tronkstraf gevonnis.

Dispatch Live berig alhoewel Sindaphi in die hof gesê het hy was nie van plan om haar te vermoor nie, kon die hof die teenoorgestelde bewys. Sindaphi sê die slagoffer het hom glo geld geskuld.

LEES OOK: Pastoor kry 20 jaar tronkstraf na hy jong vrou (19) verkrag

Sindaphi het na die plaas gegaan en gewag dat die slagoffer buite toe gaan. Hy het by die huis ingegaan en haar ingewag. Orpen het weer die huis binnegegaan en televisie gekyk. Dit is toe hy haar verskeie kere met ‘n mes steek en haar nek daarna oopgesny het.

Hy het ‘n paar waardevolle items geneem en in haar bakkie gevlug. Die bakkkie is later aan die brand gesteek.

Die senior staatsadvokaat, Glenn Turner, het gesê hy hoop die vonnis sal berusting vir Orpen se gesin bring.

LEES OOK: Kubaanse ‘geneser’: ‘Halwe bottel rum per week sal Covid-19 keer’

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.