KUBA. – ‘n Kubaanse geestelike “geneser” wat operasies met ‘n kapmes uitvoer en vir sy pasiënte sê dat ‘n bottel rum per week sal keer dat hulle Covid-19 kry, het sommige mense in Kuba woedend.
Die Daily Mail berig Jorge Goliat, die Kubaanse “geneser” wat glo straf drink en baie rook, beweer hy is meer as 30 jaar gelede deur ‘n “gees” besoek wat aan hom gesê het om mense met sy kapmes te begin genees.
Kubaanse “geneser” doen ook operasies met kapmes
Goliat doen sedertdien daagliks tussen 120 en 150 operasies op dié manier op pasiënte in Havana. Hy sê verder hy het oor die jare al duisende operasies sonder enige verdowing uitgevoer.
Hy beweer verder selfs mense wat inkom en nie kan loop nie, loop by sy spreekkamer uit wanneer hy klaar is met hulle.
”As hulle nie kon loop nie, loop hulle hier uit. As hulle nie kon beweeg nie, of nie ‘n arm kon optel nie, kan hulle dit oplig hiena,” sê Goliat.
LEES OOK: Fietsry-ongeluk – pa van twee maande oue baba sterf, ma kritiek
LEES OOK: MJ is blind, kan nie self sluk nie en kry buisvoeding
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



