MINNESOTA. – Dereck Chauvin, die voormalige polisiebeampte wat in 2020 in Minnesota in hegtenis geneem is vir die moord op George Floyd, is Dinsdag skuldig bevind.
Die 44-jarige Chauvin is in handboeie weggeneem en sal binne agt weke gevonnis word.
Die aanbevole tyd vir ‘n eerste oortreding is twaalf en ‘n half jaar vir óf eerstegraadse óf tweedegraadse moord, en vier jaar vir tweedegraadse manslag.
Lees ook: Genl. De la Rey-graf loop onder vandale deur
Floyd, ‘n 46-jarige man, is deur die polisie in hegtenis geneem oor hy na bewering ‘n vals 20$-noot gebruik het. Hy is dood toe die polisiebeampte vir nege minute, terwyl Floyd se hande agter sy rug vasgeboei was, met sy knie op Floyd se nek gedruk het. Die voorval is op video vasgevang en het wêreldwyd opslae gemaak.
Die 12 lede van die jurie wat Chauvin skuldig bevind het, het bestaan uit vier wit persone, ses swart persone en twee wat as gemengde ras identifisee is.
“Op die ou end is dit nie so moeilik nie,” het Jerry Blackwell gesê en na die video verwys. “Jy kan jou oë glo.” – People



