LICHTENBURG. – Die graf van genl. Koos de la Rey het die naweek onder vandale deurgeloop en die 104 jaar oue bronsbeeld van hom is gesteel.
Jan-Danie Malan, kultuurorganiseerder van dié organisasie, was volgens Maroela Media Maandagoggend by die graf om die hoeveelheid skade wat aangerig is, vas te stel. Hy het glo ook ‘n klag by die polisie gaan lê en skrootwerfeienaars in kennis gestel van die beeld wat dalk by hulle mag opduik.
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge gaan die gesteelde borsbeeld, wat deur Fanie Elodd in 1917 gemaak is, met ‘n onvernietigbare replika vervang nes dié organisasie in 2018 gedoen het toe pres. Paul Kruger se graf in die Heldeakker-begraafplaas in Pretoria gevandaliseer en sy borsbeeld op sy graf vernietig is.



