KIMBERLEY. – Die polisie in Kimberley wat op soek is na ‘n man, Johanie Sampa alias De Beer, ‘n 35-jarige man van Platfontein in Kimberley, vra die gemeenskap se hulp om hom op te spoor.
“Hy is laas op 6 Februarie 2021 deur sy vrou, Nita Polino, gesien toe hulle inkopies in die SSK gedoen het,” sê kapt. Tessa Janse, polisiewoordvoerder.
Polisie soek man na hy sigarette wou koop
Volgens Janse wou Samba sigarette koop, maar wou nie ‘n winkel in Cravenstraat betree nie. Toe sy vrou terugkom, was hy weg.
Ten tyde van sy verdwyning het hy ‘n bruin hemp, ‘n blou Adidas-sweetpakbroek en bruin skoene aangehad. Enigiemand met inligting oor waar hy hom bevind, kan die ondersoekbeampte Mothibi by 063 281 0623 kontak.
LEES OOK: Vrou gesoek vir beweerde bedrog
LEES OOK: Fietsry-ongeluk – pa van twee maande oue baba sterf, ma kritiek
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



