Fietsry-ongeluk – pa van twee maande oue baba sterf, ma kritiek

“Al wat ons vra, is gebede.”

Fietsry-ongeluk, pa van twee maande oue baba sterf, ma kritiek

Fietsry-ongeluk, pa van twee maande oue baba sterf, ma kritiek Foto: Facebook

BLOEMFONTEIN. – ‘n Pa van ‘n twee maande oue baba is tydens ‘n fietsry-ongeluk dood terwyl die ma kriktiek in die hospitaal lê.

Wikus Pienaar en Tiffany de Kock, ouers van die baba, het op die N8 tussen Kimberley en Bloemfontein met hulle fietse gery toe hulle na bewering deur ‘n vragmotor getref is. Pienaar is op die toneel dood verklaar. Die polisie ondersoek tans ‘n saak van strafbare manslag.

Op Facebook word daar berig die twee maande oue baba het by sy ouma gekuier toe die voorval Saterdagoggend om 07:30 plaasgevind het. Na bewering het die egpaar 10 jaar gesukkel om swanger te word en het toe twee maande gelede lewe aan die seuntjie geskenk.

Almal word gevra om vir gesin na fietsry-ongeluk te bid

‘n Familielid het op Facebook geskryf die familie moes gister toestemming gee vir ‘n breinoperasie. “Tiffany het bloeding op die brein en sy is steeds in ‘n koma. Die dokter bespiegel nog of daar breinskade is, maar ons is vol hoop. Al wat ons vra, is gebede,” lui die inskrywing verder.

Verder vra familie en vriende op Facebook om vir De Kock te bid dat sy sal wakker word.

FiNDiT het navraag by die polisie gedoen en wag op terugvoer.

LEES OOK: MJ is blind, kan nie self sluk nie en kry buisvoeding

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: