KAAPSTAD. – ’n Vrou is in ’n fratsongeluk oorlede toe ’n muur tydens ’n skietery op haar geval het.
Volgens Die Son, het die vrou agter ’n muur gesit toe ’n winkeleienaar in sy motor waarop daar geskiet is, van die toneel probeer vlug het en ty heen die muur vasgery het.
LEES OOK: Twee dogtertjies in huisbrand dood
Winkeleienaar geskiet
Die voorval het Saterdag omstreeks 11:20 in 40ste Straat, Elsiesrivier, plaasgevind. Die eienaar van ’n winkel het voor die winkel in sy motor gesit toe iemand op hom begin skiet het. Hy is raakgeskiet, maar het van die toneel probeer vlug en in ’n huis se muur vasgery.
Vrou sit agter muur
Die vrou wat in haar erf agter die muur gesit het, is ernstig beseer toe die muur op haar geval het. Sy is later op die toneel dood.
Die winkeleienaar is ook op die toneel dood verklaar.
LEES OOK: Vermeende verkragter op vrye voet



