NELSPRUIT. – Twee dogtertjies van onderskeidelik sewe en agt jaar oud, het Vrydag 17 April 2021 in ’n huisbrand doodgebrand.
LEES OOK: Instagram-wenk vir die dag
Ouers nie by die huis nie
Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê die twee niggies se ouers was nie tuis nie en hulle oom, wat saam in die huis bly, het by bure gekuier. “Die oom is deur bure ingelig dat die lig in die huis waar die dogtertjies geslaap het, af was. Hy het gaan ondersoek instel, maar het gevind die slaapkamer waar die dogtertjies geslaap het, is aan die brand.”
Op die toneel dood verklaar
Die oom het hulp van bure ontbied om te help om die brand te blus, maar die vlamme was te intens en al twee dogtertjies is op die toneel dood verklaar.
Die polisie stel nou ondersoek na die oorsaak van die brand in.
LEES OOK: 15 Jaar vir ontvoering en mensehandel van 14-jarige



