KAAPSTAD. – Verona Kennedy (27) is Vrydag 16 April 2021 tot 15 jaar tronkstraf in die Kaapstad-streekshof vir die ontvoering en mensehandel van ’n 14-jarige meisie, gevonnis.
LEES OOK: Ontvoerde baba na 10 jaar met ma herenig
Ontvoer en as seksslaaf aangehou
Die meisie, wat destyds op George gebly het, is in 2013 deur Kennedy ontvoer en as ’n seksslaaf aan Christopher Chichoke verkoop.
Chichoke het glo vir die meisie dwelms gegee en haar forseer om ’n sekswerker te wees.
Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, sê die meisie kon dit na twee jaar regkry om te ontsnap en het na die naaste polisiekantoor gehardloop, waar sy ’n saak oopgemaak het.
Vlug landuit
Beide Kennedy en Chichoke is in 2015 in hegtenis geneem, maar is op borgtog vrygelaat. Chichoke het landuit gevlug en Kennedy is later weer in hegtenis geneem omdat sy nie opgedaag het vir hofdatums nie. Sy was vir die tydperk van die verhoor in aanhouding.
LEES OOK: Prada wys ware kleure toe Valentino-fabriek afbrand



