Prada wys ware kleure toe Valentino-fabriek afbrand

Deel hierdie storie / Share this story

ITALIË. – Prada, ’n luukse skoenhandelsmerk, het nie geskroom om te help toe mededingende handelsmerk, Valentino, se vervaardigingsfabriek afgebrand het nie. Prada het ’n nabygeleë fabriek aan Valentino beskikbaar gestel totdat die handelsmerk se fabriek weer op die been is.

LEES OOK: Nooddiens-personeellid dood langs pad gevind

Fabriek tot nuut

Volgens PinkVilla is Valentino se vervaardigingsfabriek heeltemal tot niet nadat ’n brand op 1 en 2 April oor die perseel versprei het en ongeveer 38 000 pare voltooide skoene vernietig het. Die eenheid se 160 personeellede het ongeveer elke dag 1 300 pare skoene vervaardig.

Die handelsmerk het etlike miljoene euro’s se inkomste in die brand verloor.

LEES OOK: Hond wat harte steel, kry kos vir ’n jaar