Hond wat harte steel, kry kos vir ’n jaar

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – Whiskey, die hond wat duisende mense se harte gesteel het toe hy aan sy eienaar vasgeklou het nadat sy hom aan die DBV wou oorhandig, het honderde donasies ontvang.

LEES OOK: Onskuldige man vry na 38 jaar agter tralies

Wou hond aan DBV oorhandig

FiND iT het vroeër berig die eienaar van die hond wou hom aan die DBV oorhandig omdat sy nie meer finansieel vir hom kon sorg nie. Die hond het aan haar vasgeklou en dit is duidelik dat hy baie lief is vir haar.

Inspekteur maak ander plan

Salome Bruyns, ’n senior inspekteur van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) op George kon dit nie oor haar hart kry om die hond van sy geliefde eienaar weg te vat nie en het besluit om ’n ander plan te maak.

Na ’n plasing wat Bruyns op Facebook gemaak het, het talle mense skenkings gemaak om die hond en sy eienaar te help.

Donasies rol in

FiND iT het ook vroeër berig dat die donasies gehelp het om vir Whiskey se sterilisasie te betaal sowel as om te help dat hy by sy eienaar kan bly.

Dotsure wys wat in hul steek

Dotsure, ’n versekeringsmaatskappy, het besluit om ook ’n ruim bydrae te maak en nou is Whiskey voorsien van mediese behandelings, entstowwe en behandeling teen wurms.

As gevolg van almal se bydraes is nie net Whiskey vir ‘n jaar versorg nie, maar vele ander diere kry ook nou die kos en behandeling wat hulle benodig.

LEES OOK: Polisie soek verkragtingsverdagte