MISSISSIPPI. – Walter Forbes (63) is uiteindelik vry nadat hy 38 jaar agter tralies deurgebring het vir ’n misdaad wat hy nie gepleeg het nie.
LEES OOK: Roudiens vir AJ Nieman
Brandstigting en moord
Forbes is in 1983 van brandstigting en moord beskuldig en is sonder enige bewyse teen hom, slegs met die getuienis van ’n jong vrou, in die tronk gegooi.
CNN het berig hy is beskuldig van die moord op Dennis Hall. Die twee mans was in ’n geveg buite ’n kroeg in ’n klein dorpie in Michigan betrokke. Die dag ná die geveg het Hall vier keer op Forbes geskiet. Kort daarna is Hall dood in ’n skynbare voorval van brandstigting, wat daartoe gelei het dat Forbes lewenslange tronkstraf sonder parool gekry het.
Die voorval het in 1982 plaasgevind terwyl Forbes nog ’n jong student was.
Vry na vrou getuienis terugtrek
Volgens Detroit Free Press is hy na 38 jaar uiteindelik vry nadat ’n belangrike getuie van die brandstigting haar getuienis teruggetrek het.
Die jong vrou, wat in daardie stadium 19 jaar oud was, se getuienis het nie ooreengestem met wat owerhede op die toneel gevind het nie, maar steeds is Forbes op grond van slegs haar getuienis skuldig bevind.
Gedreig met kinders se lewe
Die vrou het glo ’n vals getuienis gelewer nadat twee mans haar met haar kinders se lewens gedreig het. Sy het haar klag in 2020 teruggetrek nadat sy kronies siek geraak het.
LEES OOK: Baba deur onbekende vroue ontvoer



