SOWETO. – Die polisie ondersoek ’n saak van ontvoering nadat n twee maande oue baba ontvoer is. Twee onbekende vroue van onderskeidelik 28 en 29 jaar het glo die baba ontvoer.
LEES OOK: Polisie soek verkragtingsverdagte
Voorgegee dit is haar baba
Kol. Dakalo Phemula, polisiewoordvoerder, sê die twee verdagtes het die ma van die baba genader en gevra of hulle haar baba vir ’n paar uur kon “leen”. “Een van die verdagtes wou voorgee dit is haar baba, anders sou haar kêrel haar glo los.”
Verdagte kom nie terug nie
Na ’n lang gesprek het die ma ingestem en een verdagte is weg met die baba terwyl die ander by die ma agtergebly het.
“Die verdagte wat agtergebly the, het glo later gaan lugtyd koop en net nooit weer teruggekom nie.”
Die polisie ondersoek tans die saak. Niemand is nog in verband met die ontvoering in hegtenis geneem nie.
LEES OOK: Ouervervreemding – ’n Werklikheid



