10-Jarige dowe hond leer ‘gebaretaal’

‘n Dowe skaaphond kon weer werk met behulp van handseine.

Haar eienaar het haar toe aan die plaaslike DBV oorhandig. Haar nuwe familie het dit egter reggerky om die dowe hond "gebaretaal" te leer.

Haar eienaar het haar toe aan die plaaslike DBV oorhandig. Haar nuwe familie het dit egter reggerky om die dowe hond "gebaretaal" te leer. (Foto: Goodnews Network)

ENGELAND.- Wie ookal gesê het: “Jy kan nie ‘n ou hond nuwe truuks leer nie” het duidelik nooit die 10-jarige Norfolk-kollie met die naam Peggie ontmoet nie. Peggie het haar hele lewe lank haar werk tussen die skape met volharding gedoen. Toe sy agt jaar oud was, het sy ongelukig haar gehoor verloor. Haar eienaar het haar toe aan die plaaslike DBV oorhandig. Haar nuwe familie het dit egter reggekry om die dowe hond “gebaretaal” te leer.

Volgens Goodnews Network was die DBV op daardie oomblik vol en het nie plek vir Peggie gehad nie. Dit is toe Chloe Shorten, dierewelsynsbestuurder, en haar man, Jason, besluit om Peggie huis toe te neem. Die paartjie het twee ander werkende skaaphonde.

Hulle kon sien Peggie is baie entoesiasties oor haar werk en sy was duidelik ongelukkig dat sy dit nie meer kon doen nie. Die Shortens het toe aan ‘n ander plan gedink. “Ons het geweet Peggie wil werk, en daarom het ons die lang proses begin om haar te leer hoe om te werk sonder stemopdragte,” sê Chloe Shorten. Die hond se “gebaretaal” is dus net hoe haar familie haar leer om na hulle te kyk en op te let na hul handseine.

Peggie is eintlik semi-afgetree, maar gaan steeds van tyd tot tyd met die kudde uit. Gelukkig met die wete dat die “duim omhoog” wat sy kry, beteken dat sy ‘n goeie hond is.

Lees ook: Burre Burger: ‘Here hoekom?’ Droogte in SA knou boere

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: