Mans lewendig doodgebrand toe gemeenskap glo gereg in eie hande neem

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP. – Vier jong mans is lewendig doodgebrand terwyl ‘n ander twee aan bome opgehang is toe die gemeenskap glo die gereg in eie hande geneem het.

“Die polisie is gistermiddag in kennis gestel dat vier jongmans in ‘n veld in die Zingqolweni-nedersetting glo aan die brand gesteek is,” sê Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder.

Mans lewendig doodgebrand in nedersetting

Volgens Kinana het die polisie, toe op die toneel aangekom het, in kennis gestel van nog twee mans se liggame wat aan bome opgehang is. Nog ‘n man kon van die aanvallers vlug en is later na ‘n hospitaal vir behandeling geneem.

Die rede vir die voorval is nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek ses aanklagte van moord en aanklag van poging tot moord. Niemand is al in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met inligting oor die voorval wat die polisie kan help om die skuldiges in hegtenis te neem, moet die Stop Misdaad-nommer by 086 001 0111 skakel.

LEES OOK: Pa vergiftig sy twee kinders met rottegif

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.