Pa vergiftig sy twee kinders met rottegif

Deel hierdie storie / Share this story

POTCHEFSTROOM – Die pa, Dannyboy Fistos Khumalo (38), is tot twee keer lewenslange gevangenisstraf vir twee aanklagte van moord en drie jaar vir regsverydeling gevonnis nadat hy sy twee kinders, onderskeidelik 11 en 12, vergiftig het.

Khumalo se skuldigbevinding volg nadat hy op Maandag 18 Mei 2020 in hegtenis geneem is ná die dood van sy twee seuns. Khumalo het op Vrydag 15 Mei 2020 vir die polisie gesê dat die slagoffers dood is nadat hulle na bewering rottegif gedrink het.

Liggame gevind na pa kinders vergiftig

‘n Nadoodse ondersoek is aanvanklik op Saterdag 16 Mei 2020 gedoen nadat die kinders dood op die Valkop-plot in die omgewing van Assen naby Brits gevind is. Dit het egter tydens die ondersoek na vore gekom dat die pa die kinders vergiftig het. Hy is toe van twee aanklagte van moord aangekla. Die pa was sedert sy inhegtenisneming Saterdag 16 Mei 2020 in die tronk tot sy vonnisoplegging. Hy is ook ongeskik verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Sy tronkstraf sal gelyktydig uitgedien word.

LEES OOK: Black Lives Matter se medestigter koop $1.4 miljoen se huis in ‘wit distrik’

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.