AMERIKA. – Hunter (51), president Joe Biden se seun, praat openlik oor sy worsteling met dwelm- en alkoholverslawing in sy memoir, Beautiful Things, A Memoir, wat vandeesmaand vrygestel is.
Hunter vertel hy het sy eerste drankie op die ouderdom van agt gehad toe hy ‘n glas sjampanje gedrink het. In die memoir sê Hunter hoe hy dwelms by ‘n hawelose verslaafde gekoop het wat later by hom ingetrek het. Hunter skryf verder dit was later so erg dat hy sy eie kokaïen in sy woonstel gekook het.
Hunter nou gelukkige man en pa
In die boek skryf hy hy was so verslaaf aan drank hy het skaars ‘n blok van die drankwinkel af weggestap, dan maak hy reeds sy eerste alkoholdrankie oop. Hy skryf deurlopend oor sy pa se jarelange ondersteuning, hartseer en hulpeloosheid oor sy enigste lewende seun se stryd met dwelms en alkohol.
Hunter is nou sober en ‘n kunstenaar gebaseer in Los Angeles. Hy het sy vrou, Melissa, in 2019 ontmoet en skryf sy is die hoofrede hoekom hy sober is. Sewe dae na die twee se eerste ontmoeting is hulle getroud.

LEES OOK: Nege mense, insluitend ‘n baba, brand dood in gebou
LEES OOK: Suid-Afrika skort die J&J-inentings op na kommer oor blondklonte
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



