Suid-Afrika skort die J&J-inentings op na kommer oor blondklonte

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA. – Suid-Afrika het Dinsdag vir eers die toediening van die Johnson & Johnson Covid-19-entstof weens potensiële bloedklontrisiko’s wat deur die Verenigde State gerapporteer is, gestop.

Ons het besluit om ons ontplooiing vrywillig op te skort totdat die verband tussen die ontwikkel van bloedklonte en die entstof voldoende onsersoek word,” het Zweli Mkhize, minister van gesondheid, in ‘n aanlyn persverklaring aangekondig.

Suid-Afrika se gesondheidwerkers al ingeënt

Mkhizesê sê verder alhoewel geen bloedklonte onder ingeënte burgers in Suid-Afrika aangemeld is nie, wil hulle nie kanse vat nie. Hulle glo hierdie is met ‘n voorsorgmaatreël en dat dit nie die amptelike opskort van die inenting is nie.

Suid-Afrika het al 290 000 mense ingeënt.

LEES OOK: Michayla (18) al 15 dae vermis, ‘Ek is nie kwaad vir haar nie’

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.