NEW YORK. – ’n Ouer probeer aansoek doen om die wet wat bloedskandelike verhoudings verbied te verander sodat hy/sy met sy/haar biologiese volwasse kind kan trou. Die dokumente, wat deur die New York Post gesien is, het nie baie besonderhede gegee oor die betrokkenes nie, en belangrike inligting soos geslag en ouderdom is nie bekend gemaak nie.
LEES OOK: Spykers in pad, trokdrywers aangeval
Bloedskande in die derde graad
Ingevolge die wet is bloedskande in die derde graad in New York strafbaar met vier jaar tronkstraf, terwyl die huwelik met ’n familielid nietig sal wees.
Die persoon wat die aansoek ingedien het, het gevra om anoniem te bly as gevolg van die sensitiwiteit van die saak.
In die aansoek het die persoon gesê die ouer en kind is altwee volwassenes en albei kan nie kinders kry nie, daarom voel hulle dat hulle ’n uitsondering is en met mekaar kan trou.
Ouer wil ja-woord vra
Volgens die New York Post, het die ouer ook gesê dat hy/sy gretig is om sy/haar kind te vra om te trou, maar kan nie weens die ‘emosionele skade’ wat die wet aanrig.
Sylvia Law, professor in die regte aan die Universiteit van New York, het aan die New York Post gesê alhoewel min, sien hulle wel sulke gevalle. “Dit is ’n gebied waar ek dink die meeste mense sou sê die regering het die reg om die reëls te maak, al is dit nie van toepassing op elke situasie nie.”
LEES OOK: ‘Ons het uit tyd uit gehardloop’



