Een van Suid-Afrika se nuutste lugdienste, LIFT, het hondvriendelike vlugte bekendgestel waarop passasiers saam met hulle klein honde kan vlieg.
LIFT het in ‘n verklaring gesê hulle kommunikeer gereeld met hulle kliënte om te hoor watter nuwe dienste hulle graag wil hê. Die lugdiens sê hulle verstaan honde speel ‘n groot rol in mense se lewens.
Alle klein honde moet minstens 10 weke oud wees en in ‘n hondedrasak van nie groter as 28 cm x 20 cm x 45 cm kan pas. Dit sal verseker dat hulle onder die sitplek inpas. Die koste van die hondvriendelike bespreking is gelyk aan die tarief wat die begeleidende volwassene betaal. Die eienaar van die hoond sal die nodige dokumentasie by die lughawe moet toon om te wys dat sy troeteldier se inentings op datum is.
LEES OOK: Michayla (18) al 15 dae vermis, ‘Ek is nie kwaad vir haar nie’
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



