MPUMALANGA. – ’n Trokdrywer en sy assistent is vanoggend omstreeks 05:00 naby die Bethal-afrit aangeval en aangerand nadat ’n belt met spykers in die pad drie van die trok se bande laat bars het.
LEES OOK: ‘Ons het uit tyd uit gehardloop’
Volgens Middelburg Observer, het die vragmotor tot stilstand gekom weens pap bande. Dit is toe wat die aanvallers glo die vragmotorbestuurder en sy assistent met ’n vuurwapen aangerand en van hulle besittings beroof het.
Die twee drywers is na die hospitaal vir verdere sorg geneem.
Vrou oorlede
OP 20 Maart 2021 het ’n vrou op dieselfde pad haar lewe verloor nadat sy voor ’n bakkie ingehardloop het terwyl sy probeer het om van haar aanvallers te ontsnap. Haar voertuig se bande het ook gebars nadat sy oor ’n belt met spykers gery het.
LEES OOK: Prins Philip sal ‘groen’ begrafnis hê



