Prins Philip sal ‘groen’ begrafnis hê

Deel hierdie storie / Share this story

LONDEN. – Wyle prins Philip, ontslape hertog van Edinburg, sal glo Saterdag tydens ’n omgewingsvriendelike seremonie begrawe word.

LEES OOK: Pastoor sê vroue moet maer en mooi bly sodat mans nie moet rondloop nie

Volgens IOL oorweeg amptenare van die paleis om ’n kis gemaak uit wol vir die hertog te gebruik.

Prins Philip (99) is Vrydag 9 April 2021 “vreedsaam” in die Windsor-kasteel oorlede.

Prins Philip word beskou as een van die eerstes wat die aandag op klimaatsverandering gedurende die vyftigerjare gevestig het. Sy liggaam sal na verwagting Saterdag met ’n elektriese Land Rover na die diens in die kasteel vervoer word.

LEES OOK: Seun steek homself voor ma aan brand