KIMBERLEY. – Kimberliete is woedend en eis antwoorde nadat hulle vanaf Sondagaand reeds sonder water is. “Die pompe is glad nie aan nie. Ek was gisteraand ook hier. Hier is nog steeds nie ‘n enkele pomp wat werk nie. Al die pompe staan doodstil,” sê Ockie Fourie, DA-raadslid, in ‘n video toe hy vanoggend om 08:00 die Newton-reservoir besoek het.
In ‘n ander video wys Fourie die tweede grootste dam, die 91 mega liter by Newton-reservoir. Gisteroggend het dié dam se vlak 7,5 voet gemeet. Vanoggend meet die dam steeds diesefde.
Kimberliete spreek hul woede op Facebook uit
“Ek hou niks van hierdie plek nie. Hoe is ek veronderstel om ‘n besigheid oop te hou en na my baba te kyk sonder enige water?” skryf ‘n Kimberliet op een van die stad se Facebook-blaaie.
Sol Plaatje-munisipaliteit sê agt watertenke voorsien tans water aan hospitale. Nog ses tenke word gereël om water aan ouetehuise en skole te voorsien. Een watertenk is ook gereël om water aan Yonder en klinieke te verskaf.
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



