August 4, 2021

Pastoor sê vroue moet maer en mooi bly sodat mans nie moet rondloop nie

“Jy moet nie butch lyk nie.”

Pastoor sê vroue moet maer en mooi bly sodat mans nie moet rondloop

Pastoor sê vroue moet maer en mooi bly sodat mans nie moet rondloop Foto: iheartintelligence

MISSOURI. – Pastoor Stewart-Allen Clark het in ’n video op Facebook gesê God het mans gemaak om aangetrokke te wees tot mooi vroue en vroue moet daarna streef om maer, goed versorg en “bevredigend” in die slaapkamer te wees sodat hulle mans nie moet rondloop nie.

LEES OOK: Tegnologiewenk vir die dag

Gewigsverlies kan huwelik red

Hy gaan ook voort om in die video te sê hy het ’n paartjie beraad waarvan die vrou soos ’n Sumo-stoeier gelyk het. “Nadat sy gewig verloor het, was die huwelik gered.”

“Vroue moet ’n trofee vir hulle mans wees. Jy hoef nie noodwendig eerste prys te wees nie, jy kan net ’n deelnameprys ook wees, maar jy moenie butch lyk nie.

LEES OOK: Tienermeisie vermis in KwaZulu-Natal

Pastoor met verlof

Die First General Baptist Church het in ’n verklaring gesê die pastoor is vanaf Maart met verlof om professionele berading te ondergaan en dat die kerk glad nie saamstem met wat hy gesê het nie. “Die kerk glo dat elke vrou na die beeld van God geskape is en daarom moet hulle waardeer word.”

Kyk die video van wat hy gesê het hier:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *