Tienermeisie vermis in KwaZulu-Natal

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – Ismarelda Coetzee (14) word sedert 9 April 2021 in die Illovo-area vermis nadat sy haar ouerhuis verlaat het.

LEES OOK: Vermiste Kimberley-man opgespoor

Na bewering is sy laas gesien waar sy in ’n onbekende voertuig geklim het.

Ismarelda het donkergroen oë en bruin hare. Sy is lank en skraal. Daar is onsekerheid oor watter klere sy aangehad het toe sy vermis geraak het.

Indien jy enige inligting oor Ismarelda se verdwyning het of waar sy haar bevind, skakel asseblief die Illovo-polisie by 031 781 1710.

LEES OOK: Paleis bevestig Meghan gaan nie begrafnis bywoon