KIMBERLEY. – Fani John Willemse (33), wat Saterdag 3 April in die oggendure vermis geraak het, is ongedeerd gevind.
LEES OOK: Paleis bevestig Meghan gaan nie begrafnis bywoon
Willemse se ma het aan FiND iT bevestig die polisie het hom Donderdagaand in Longstraat opgespoor. Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
Willemse se ma sê met die genade van die Here is haar seun nou by die huis. “Ek is bitter dankbaar vir elkeen se bydrae wat gehelp het om hom op te spoor.”
LEES OOK: Hartroerende foto help hond en eienaar



