GEORGE. – ’n Hartroerende foto van ’n hond wat aan sy eienaar vasklou toe sy hom aan die DBV wou oorhandig omdat sy nie meer vir hom kon sorg nie, het mense se harte aangeraak.
LEES OOK: Vroedvrou in Mei verhoor
Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) op George het gister op hulle Facebook-bladsy gesê hulle was besig om gesteriliseerde diere by huise af te laai toe ’n vrou hulle geroep het en gevra het of hulle haar hond kan neem omdat sy nie meer die finansies het om vir hom te sorg nie.
Kon nie hond afneem nie
Salome Bruyns, ’n senior inspekteur, sê die hond het aan sy eienaar vasgeklou en dit was baie duidelik dat die hond haar baie lief het.
Sy kon dit nie oor haar hart kry om die hond weg te neem nie en het eerder aan ’n ander plan gedink om die hond by sy eienaar te laat bly.
Na die plasing op Facebook het talle mense skenkings gemaak om die hond en sy eienaar te help.
Die donasies maak dit nie net moontlik vir die hond om by sy eienaar te bly nie, maar die hond sal ook gesteriliseer en ontwurm word.
Dit is met groot passie en ‘n liefde vir diere dat ’n hond by sy geliefde eienaar kon bly.
LEES OOK: Ma skenk geboorte aan 6,5 kg baba
Hier is die bankbesonderhede as jy voel jy wil ‘n bydrae lewer
GARDEN ROUTE SPCA
Standard Bank
Account number 060823216
Takkode: 050214
Verwysing: pure love



