Ma skenk geboorte aan 6,5 kg baba

Deel hierdie storie / Share this story

’n Amerikaanse vrou het onlangs haar geboortestorie op TikTok gedeel. In die video sê sy twee dokters moes tydens haar keiser bystaan met die geboorte van haar tweede seun wat 6,5 kg by geboorte geweeg het.

LEES OOK: Prins Harry wil graag by begrafnis wees, maar gaan Meghan?

Geboorte aan ’n kleuter

Sy spot in die video en sê sy het geboorte aan ’n kleuter gegee. Sy sê ook die susters in die neonatale-intensiewesorgeenheid moes grootte drie doeke vir haar seun gaan haal en die uitrusting wat hy huis toe gedra het was vir grootte 6-9 maande oue babas.

LEES OOK: iPhone-wenk van die dag

Haar seun is nou ‘n gesonde vyfjarige wat lief is vir bofbal.

Kyk hier na die video:

@shans1588

#stitch with @tawnee117 #greenscreen Meet my 14lb .06 oz baby boy!

♬ original sound – Shans1588