Prins Harry wil graag by begrafnis wees, maar gaan Meghan?

Deel hierdie storie / Share this story

Prins Harry, Hertog van Sussex, sal dalk net vyf dae in plaas van tien in kwarantyn moet bly nadat hy uit Amerika aangekom het. Dit is moontlik dat van ’n diplomatieke vrystelling gebruik gemaak sal word om kwarantynreëls van toepassing op vlugte vanaf die VSA aan te pas.

LEES OOK: Waterlek, oop gat gevaar vir bestuurders

Meghan gaan dalk nie saam nie

Hoewel daar nog geen woord was van die egpaar se kant af oor die vraag of die swanger Meghan by hom sou aansluit nie, word onder die omstandighede geglo dit is onwaarskynlik dat sy hom sal vergesel.

Daar was nog geen amptelike verklaring van die egpaar oor prins Philip se dood nie.

Harry self-isoleer

DailyMail berig Harry het reeds grootliks geself-isoleer by die huis naby Santa Barbara toe sy oupa siek geraak het.

Daar word vermoed hy sal getoets sal word vir Covid-19 voor sy vertrek uit die VSA en met sy aankoms in die Verenigde Koninkryk. In plaas daarvan om onderworpe te wees aan die normale kwarantynvoorskrif van tien dae, mag reisigers toegelaat word om die kwarantynfasiliteit te verlaat as hulle na vyf dae negatief getoets word.

Dit is nie bekend waar hy tydens sy verblyf in die Verenigde Koninkryk gaan bly nie en ook nie vir hoe lank hy na die begrafnis sal aanbly nie.

Harry sal sy bes doen

’n Bron na aan die familie het aan DailyMail gesê: “Harry sal absoluut sy uiterste bes doen om terug te keer na die Verenigde Koninkryk en by sy gesin te wees.”

“Hy wil niks anders hê as om daar te wees vir sy gesin en veral sy ouma, gedurende hierdie verskriklike tyd nie”

LEES OOK: Vermeulen se dood glo jagongeluk