Vroedvrou in Mei verhoor

Deel hierdie storie / Share this story

PRETORIA. – Yolande Maritz, ’n geregistreerde vroedvrou, sal op 12 Mei 2021 deur die Suid-Afrikaanse Raad van Verpleging verhoor word. Ouers wie se babas by Maritz gebore is, was in twee kampe na ’n episode op Carte Blanche wat oor dié vroedvrou gehandel het.

Luidens wat berig is het Maritz vir haar kliënte medikasie om kraam aan te bring en te bespoedig sonder hul toestemming toegedien.

LEES OOK: Prins Harry wil graag by begrafnis wees, maar gaan Meghan?

Aantygings van nalatigheid

FiND it het in 2020 berig ouers het aantygings van nalatigheid begin maak nadat ’n aantal pasgebore babas dood is en drie ander in vier jaar serebraal gestrem geraak het.

Talle mammas het bewerings gemaak dat hulle ’n “rescue remedy” aangebied is wat kraam vinniger en sterker aangebring het.

FiND iT het in 2020 vir Maritz gekontak, maar sy wou nie met die media praat nie.

Dogter getuig

Maritz se dogter, Estuné Maritz, wat vir ’n tyd lank haar ma as doula bygestaan het, het teen haar ma op Carte Blanche getuig en sal weer op 12 Mei as getuie geroep word.

Ander ma’s sal ook tydens die verhoor getuig.

Kan moontlik lisensie verloor

Maritz is in 2012 deur SARV onskuldig op ’n aanklag van nalatigheid bevind. Sy het destyds nog in Bloemfontein gepraktiseer.

Die verhoor sal bepaal of Maritz haar lisensie om te praktiseer kan verloor.

LEES OOK: iPhone-wenk van die dag