Nelspruit-meisie (19) van Saterdagmiddag af vermis

Deel hierdie storie / Share this story

NELSPRUIT. – Die Nelspruit-meisie, Selanna Giselle Biggs (19), is laas gistermiddag (Saterdagmiddag) om 13:30 by haar huis hier gesien.

Haar ma het aan Laevelder gesê Selanna sal nooit êrens heen gaan sonder om te sê waarnatoe sy op pad is nie. Haar foon lui, maar haar Whatsapp-boodskappe gaan nie deur nie, word verder berig. Sy en haar ouers het by die huis gekom nadat hulle gaan uiteet het, waarna sy verdwyn het. Sy is klaar as vermis by die polisie aangegee.

Sy het ‘n groen kortbroek en ‘n grys/groen hemp aangehad toe sy laas gesien is. Sy ry met ‘n silwer Suzuki S-Presso.

Enigiemand wat inligting het oor waar Selanna haar bevind, kan Bossies Community Justice by 082 567 5212 skakel.

https://www.facebook.com/lowvelder.co.za/posts/5833672653317375
Inskrywing op Laevelder se Facebook-blad.

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.