NELSPRUIT. – Die Nelspruit-meisie, Selanna Giselle Biggs (19), wat vanaf Saterdagmiddag om 13:30 as vermis aangegee is, is gevind.
Daar word berig Selanna was in ‘n motorongeluk en in die hospitaal. Geen verdere inligting is bekend nie.
FiNDiT het vroeër berig haar ma het aan Laevelder gesê Selanna sal nooit êrens heen gaan sonder om te sê waarnatoe sy op pad is nie. Haar foon lui, maar haar Whatsapp-boodskappe gaan nie deur nie, word verder berig. Sy en haar ouers het by die huis gekom nadat hulle gaan uiteet het, waarna sy verdwyn het.
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



