Het jy ‘n babatjie wat op pad is? Wil jy baie graag borsvoed, maar jy is onseker oor wat om te verwag? Hier is ‘n paar wenke om dit vir jou ‘n bietjie makliker te maak.
Hoe meer baba suig, hoe beter
Hoe meer gereeld en doeltreffend baba suig, hoe meer melk produseer jy. Al is dit aan die begin seer, byt vas en laat jou baba elke voeding vir 10 na 15 minute aan elke kant suig.
Ondersteuning is baie belangrik
Kry mense om jou te ondersteun. As jy vir die eerste keer ‘n mamma word, mag jy baie onseker wees. As jy vasbeslote is om jou baba te borsvoed, dra dit so oor aan jou familie en vra hulle ondersteuning.
Lees ook: Juffrou van poging tot moord aangekla ná seun (2) se brandwonde
Moenie bang wees om raad te vra nie
Baie vroue sukkel aan die begin. Sluit aan by Facebook-groepe soos La Leche League en moenie skaam wees om raad te vra as jy miskien sukkel nie. Hou ook in gedagte dat daar borsvoedingkonsultante is om jou te help.
Druk deur die seer
Aan die begin kan dit baie seer raak. Onthou dat jou liggaam nie gewoond is daaraan nie en dat dit dalk die eerste paar weke seer kan wees. Skaf spesiale room aan vir jou tepels om met die seer te help.
Lees ook: Klein vegtertjie hemel toe na 142 dae in die hospitaal



