April 19, 2021

Juffrou van poging tot moord aangekla na seun (2) se brandwonde

Die juffrou, wat nog nie gepleit het nie, het Donderdag vlugtig in die Alexandra-landdroshof verskyn.

Juffrou van poging tot moord aangekla na seun (2) se brandwonde (Foto: EWN)

Juffrou van poging tot moord aangekla na seun (2) se brandwonde (Foto: EWN)

ALEXANDRA. – Die gesin van die 2-jarige seuntjie wat ernstige brandwonde by ‘n kleuterskool opgedoen het, sê hulle is weer vol hoop ná die juffrou onder wie se toesig hy was, nou van poging tot moord aangekla word.

Die juffrou, wat nog nie gepleit het nie, het Donderdag vlugtig in die Alexandra-landdroshof verskyn.

Die seuntjie het ernstige brandwonde aan sy boude en bene opgedoen en die onderwyser is in hegtenis geneem.

Lees ook: Simoné le Roux se gedenkdiens

FiND iT het voorheen berig die ma, wat uit vrees vir viktimisasie nie haar naam genoem wil hê nie, sê die onderwyser het gesê haar seun het self in ‘n bad vol kookwater geklim na hy sy broek vuilgemaak het.

Die departement van maatskaplike ontwikkeling het ook Donderdag aangekondig die crèche is onwettig en sy deure sal sluit.

Die saak sal Dinsdag weer in die hof voorkom.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: