April 18, 2021

Broers stig klerehandelsmerk in motorhuis met hulp van familie

‘n Besigheid wat uit nood gebore is, oortref die verwagtinge.

WES-KAAP.- Franklin en Lawrence, twee broers, het die handelsmerk Retrofit in hul motorhuis op Strandfontein tydens die pandemie begin. Die seuns doen dit met behulp van hul pa en grootouers se kundigheid in die klerevervaardigingsbedryf.

WES-KAAP.- Franklin en Lawrence, twee broers, het die handelsmerk Retrofit in hul motorhuis op Strandfontein tydens die pandemie begin. Die seuns doen dit met behulp van hul pa en grootouers se kundigheid in die klerevervaardigingsbedryf. (Foto: Retrofit Instagram)

WES-KAAP.- Franklin en Lawrence, twee broers, het die handelsmerk Retrofit in hul motorhuis op Strandfontein tydens die pandemie begin. Die seuns doen dit met behulp van hul pa en grootouers se kundigheid in die klerevervaardigingsbedryf.

Volgens All4Women het baie besighede hul deure gesluit weens die finansiele uitdagings wat deur die Covid-19-pandemie veroorsaak is. Die broers se besigheid, wat begin is tydens die inperking, doen egter baie goed. Hulle verkoop ten minste 120 eenhede per week.

Die seuns het besluit om die besigheid te begin omdat Lawrence reeds vir twee jaar werkloos was. Franklin is ‘n voltydse student en hul vader as enigste broodwinner het sy eie klein klereverkoopbesigheid.

“My grootouers werk al meer as twintig jaar in die vervaardigingsproses van die klerebedryf. Hulle ontwikkel basiese T-hemde en tights om maklike sweetpakke, rokke, kiddie-denimbroeke, Chino-broeke en soveel meer te kan vervaardig,” sê Franklin.

Die seuns se ouma en haar suster sorg vir die vervaardiging van die kledingstukke. Lawrence en sy pa ontwerp die klere. Albei broers sny die kledingstukke uit en beheer Retrofit sosialemediabladsye. Lawrence is verantwoordelik vir die fotografie van die klere en om die maatskappy se logo te ontwerp.

Broers se drome word groter

Die seuns het gehoop om met die inisiatief net die gesin te onderhou, maar hul horison het sedertdien verbeed. Die seuns is tans besig om Franklin se studieskuld af te betaal.

Franklin sê dat hy wil wys dat waar jy vandaan kom nie bepaal waar jy beland nie.

Die broers hoop om in die volgende paar jaar minstens twee winkels, wat slegs plaaslike klere verkoop, te open. Hulle droom ook groot om hulle klere internasionaal te verkoop.

Lees ook: Maria (101) kry werk by wynmaatskappy om haar eie lekkernye te koop

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: