April 19, 2021

Klein vegtertjie hemel toe na 142 dae in hospitaal

Hy is Woensdagoggend om 07:20 oorlede toe sy organe ingegee het.

Klein vegtertjie hemel toe na 142 dae in hospitaal (Foto's: Verskaf)

Klein vegtertjie hemel toe na 142 dae in hospitaal (Foto's: Verskaf)

SANDTON. – Klein Daniel Marais is op 26 weke gebore en het vir 142 dae in die hospitaal om sy lewe geveg voor hy gisteroggend oorlede is.

Daniel was in die Sunninghill Netcare-hospitaal in Sandton opgeneem na hy op 17 November vroeggebore is. Hy is Woensdagoggend om 07:20 oorlede toe sy organe ingegee het.

Jessica Marais (28), Daniel se ma, sê Jesus het hulle geantwoord en vir Daniel ‘n nuwe gesonde liggaam gegee en hom van sy pyn verlos.

Lees ook: Watter Simba-geur gaan waai?

“Daniel is geliefd deur so baie mense. Hy het diep spore getrap in ons almal se harte. Ons sal vir altyd die tye saam met hom koester. Daniel sal altyd ons vegtertjie wees.”

Jessica en haar man, Dean (28), het nou mediese rekeninge en ‘n begrafnis om te betaal en Lica Vermeulen, Jessica se niggie, het besluit om op sosiale media te vra vir enigiemand wat bereid is om ‘n bydrae te maak om die uitgawes te dek.

Lees ook: Kobus Wiese in hospitaal ná hartaanval

As jy miskien voel jy wil ‘n bydrae lewer, hier volg Jessica se bankbesonderhede.

Capitec Bank
Rekeningnommer: 1601202073
Takkode: 470010

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: